Heimwee
Heimwee-werkswinkels · Woerden

Wat gebeur inWoerden?

Hier, in ’n rijtjeshuisje oorkant die klooster en agter die Rooms-Katolieke Kerk, is ’n klein stukkie Suid-Afrika.

Vickie wat botter in meel invryf in haar groen kombuis
Kom kook saam

Vir ’n rukkie weer soos huis.

Wanneer die eeu oue klokkie lui en die voordeur oopgaan, word jy binnegenooi en voel jy gou tuis. Want binne wag Afrikaanse warmte en gasvryheid. Hier word saam gelag, gesels en gekook, en kan ons van die heimwee en die hartseer vergeet.

Ons maak weer Tannie Maria se koeksisters en Ouma Nonna se souskluitjies. Ons onthou weer hoe biltong smaak en leer hoe om boerewors te maak – vaardighede wat ons dalk vergeet het, maar wat hier weer noodsaaklik word. Want baie van ons gunstelingkosse is nie sommer hier te koop nie. As ons weer daardie bekende smake wil proe, moet ons leer om dit self te maak.

Kom kook saam en leer om jou gunsteling-Suid-Afrikaanse geregte te berei, hier in die hartjie van Nederland.

  • 01Die werkswinkels is prakties en informeel.
  • 02Met genoeg tyd om self te meng, knie, rol, bak en proe.
  • 03Jy gaan huis toe met die resepte, vaardighede en selfvertroue om dit alles weer in jou eie kombuis te maak.

Ons weet dit is nie altyd maklik om hier in die vreemde aan te pas nie. Maar hier in Woerden voel dit vir ’n rukkie weer soos huis.

’n Lang tafel met bottels, bakkies speserye en resepblaaie
’n Groep deelnemers om die werkstafel
Gemarineerde ribbetjies op ’n plank
Lepels en vurke in glase
Resepblaaie en maatbekers by elke plek
Deelnemers in die kombuis by die venster
’n Stapel skottelgoeddoeke

Foto’s: Jorietha Rabie Photography

Komende werkswinkels

Woerden · klein groepe

Werkswinkels word gelaai…

Wil jy ’n privaat werkswinkel vir jou vriende, familie of span reël? Laat weet ons via die nuusbrief.

Vickie skil pere in haar groen kombuis
Wie is ek?

Hallo, ek is Vickie

Vir 21 jaar was ek die kosredakteur van een van Suid-Afrika se grootste tydskrifte. Tydskrifte was nog altyd my eerste liefde.

Lees meer oor my